Hallo almal.

Welkom by Zandkloof. ‘n Nuwe Suid-Afrikaanse musiekgroep met vars nuwe klanke. Gee ons die kans om jou op ‘n welluidende reis te neem. Laat ons toe om deel te vorm van jou menswees en skakel ons in by jou daaglikse wêreld.

Ondersteun ons musiek, want sodoende sal julle ons help om in die nabye toekoms ongekende klanke na julle ore te bring. Ons is hier om ‘n nuwe weg vir Afrikaanse musiek te baan. Wees ‘n ware Zandklower en vergesel ons in ons missie om regte musiek die lig te laat sien. Vertel jou vriende, gesinslede, familie, kennisse en selfs jou vyande van ons. Kom deel in die vreugde wat musiek ons almal bring. Ons hoop dat julle ons musiek sal luister en dit ten volle sal geniet. Vir nou is dit oor en uit vanaf ons kant. Tot volgende keer, totsiens.

Vriendelike groete

ZANDKLOOF