Eerstens wil ons Jandré Spangenberg bedank vir sy visie as dit kom by die ‘producing’ van ongelooflike musiek, vir sy vertroue in Zandkloof se potensiaal en vir sy pragtige backing vocals. Dankie aan J. J Brits vir sy ondersteuning, kennnis, raad en dienste. Hartlik dankie aan almal by Small Room Studio Productions wat hierdie eerste EP ‘n belewenis gemaak het wat Zandkloof nooit sal vergeet nie. Ons beskou, sonder twyfel, die gesellige studio as ‘n tweede huis. Ons sien uit om in die toekoms nog ontelbare kere saam met julle te werk, uitstekende musiek te skep en onvergeetlike tye te deel.

Baie dankie aan JP le Roux vir sy uitsonderlike kitaar werk op ons EP, Lindi Grobler (Hattingh) vir haar inset op ‘backing vocal harmonies’ in In ‘n Hartslag, Yolandé Strauss, skepper van Zandkloof se webtuiste, ‘backing vocalist’ en muurpapier ontwerper dankie vir alles, Justin Maree vir sy mixing, Rogan Kelsey vir sy mastering, Brendon Grundlingh vir die ontwerp van die logo en muurpapiere en Nacia Kruger vir haar asemrowende fotografie werk.

.

En laastens dankie aan Marietjie Hattingh vir haar oneindigende liefde en vertroue in Zandkloof. Jy word gemis.